AfriForum se Standerton-tak ontvang vuurvegter


AfriForum se Standerton-tak het ’n vuurvegter ontvang, wat deur Standerton se Midas en Agrinet geborg is. Dit is ’n baie welkome skenking ná verskeie brande onlangs in die omgewing uitgebreek het.
Die vuurvegter sal aangewend word om die gemeenskap en die plaaslike brandweer in die geval van ’n brand by te staan. Dit is ook besonder doeltreffend in die bestryding van wegholbrande en om voorbrande te beheer.
AfriForum wil graag Midas en Agrinet vir die skenking bedank.

Soortgelyke plasings