|

AfriForum se Stellaland-buurtwagte help om gemeenskappe te beveilig

Die AfriForum-buurtwagte in Christiana en Vryburg het gedurende April en begin Mei hard gewerk om sigbaarheid in die onderskeie dorpe te verhoog.

211 patrolleerders het ’n totaal van 107 patrollies aangepak gedurende die tydperk.  Die hoofdoel van die patrollie was om sigbaarheid te verhoog in die onderskeie gebiede en sodoende misdaad teen te werk.

Die AfriForum buurtwag in Vryburg se proto-en-brandspan het ondersteuning verleen aan die brandweer tydens ’n huisbrand.  Die protospan het toneelbewaring toegepas en die brandspan het gehelp met die blus van die vuur.  Die AfriForum-buurtwag in Christiana het bystand gelewer aan die SAPD om veiligheid van ‘n persoon in die straat te verseker en sodoende moontlik verhoed dat ‘n ongeluk plaasvind

“Stellaland-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder.  Dit is belangrik dat gemeenskappe en organisasies saam hande vat om misdaad te bekamp.  Die verhoogde sigbaarheid in dorpe speel ’n belangrike rol in gemeenskapsveiligheid en daarom is dit belangrik dat patrollies soos hierdie moet plaasvind,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Die Stellaland-buurtwagte wil graag elke patrollie-lid en elke ander rolspeler wat deelgeneem het bedank vir hul opofferings.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings