|

AfriForum se Stellenbosch-buurtwag kies ’n bestuur

Die burgerregteorganisasie AfriForum se buurtwag in Stellenbosch het op 21 September 2021 ’n bestuur vir dié nuutgestigte buurtwag gekies. Dié buurtwag vorm ook deel van AfriForum se Stellenbosch-tak.

AfriForum bied bepaalde voordele en beskerming aan sy buurt- en plaaswaglede, en lede ontvang ook deurlopend opleiding. Die buurtwagbestuur bestaan uit Jac Pietersen (buurtwagleier), Jasper Cloete (operasiekoördineerder), Karin Hanekom (steunkoördineerder) en Jaco Bezuidenhout (inligtingskoördineerder).

“Die nuutgekose bestuur wil graag saam met die SAPD en ander veiligheidsinstansies werk om hul gemeenskap te beveilig. AfriForum sien daarna uit om die pad vorentoe saam met die buurtwag aan te pak en om ook leiding te bied om die gemeenskap meer weerbaar te maak,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die plaaslike tak sal ook binne hul vermoëns die nodige toerusting en uitrustings aan die buurtwag voorsien.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Stellenbosch-tak: SMS “Stellenbosch” na 45350 (R1) en maak op dié manier ’n positiewe bydrae.

Soortgelyke plasings