| | |

AfriForum se Stellenbosch-tak bederf bejaardes

AfriForum se Stellenbosch-tak het op 8 Julie 2020 beskuit en koeksisters aan drie plaaslike ouetehuise geskenk wat tydens die tehuise se daaglikse teetyd genuttig kan word. Geluksoord, Utophia en Azaleahof in Stellenbosch het van dié skenkings ontvang.

Die skenking is moontlik gemaak deur gebruik te maak van die Stellenbosch-tak se taknoodfonds, waar inwoners van die gemeenskap donasies aan die plaaslike AfriForum-tak maak om sodoende die gevolge van die COVID-19-pandemie in gemeenskappe die hoof te bied.

Die Stellenbosch-tak het onder meer 100 kg meel, wat die tak as skenking van Western Cape Milling ontvang het, aan twee plaaslike kleinhandelondernemings geskenk om dié ondernemings in staat te stel om die lekkernye te bak.

“Bejaardes by aftreeoorde is steeds aan streng inperkingsmaatreëls gebonde en kan weens veiligheidsredes tans nie besoekers en geliefdes ontvang om te kom kuier nie. Die Stellenbosch-takbestuur het dit dus goedgedink om ook in hierdie tyd die dorp se bejaardes te bederf. Ons bedank elkeen wat betrokke was en ’n bydrae gemaak het tot die sukses van die projek,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Dra vandag nog by tot dié tak se taknoodfonds – jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Stellenbosch” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings