|

AfriForum se Strand-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwag in die Strand naamlik die Strand Patrol-buurtwag het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 en 9 April 2022 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 15:30 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.

’n Totaal van 28 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 1 446.8 km in 19 voertuie afgelê.

“AfriForum in samewerking met die Strand Patrol-buurtwag sal aanhou om ons gemeenskappe weerbaar te maak om die Strand ook veiliger te maak vir alle inwoners van die Strand,” sê KC Gericke, AfriForum se veiligheidsvoorsitter in die Strand.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings