AfriForum se suidstreek-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurtwagte in suidstreek het op 18 September het op 18 September 2020 in hul onderskeie gebiede aan dié burgerregteorganisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies aangepak.

Altesaam 1 010 AfriForum-lede en 211 ander patrolleerders het 15 523 km in 562 voertuie afgelê. Die patrollie het omstreeks 16:00 begin en tot 06:00 voortgeduur. Die buurtwagte het hulp met 16 voorvalle verleen.

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol in misdaadbekamping en AfriForum se Gauteng-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereelde patrollies organiseer om misdaad in samewerking met die SAPD en veiligheidsinstansies hok te slaan,” sê David Olivier, AfriForum AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir die suidstreek.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke en help om jóú dorp veilig te maak: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings