|

AfriForum se tak in Malmesbury maak ’n verskil

AfriForum se Malmesbury-tak het op 22 Oktober altesaam 385 boeke aan die O.J. Erasmus Primêre Skool geskenk as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog.­­

Die skool se biblioteek het ’n behoefte aan leesboeke en die plaaslike AfriForum-tak kon danksy verskeie skenkings uit die gemeenskap ’n groot hoeveelheid boeke skenk om ’n verskil te maak.

“Die jeug lê ons as tak baie na aan die hart en dit was wonderlik om die opgewondenheid en dankbaarheid op die kinders se gesigte te sien toe die boeke oorhandig is. Die tak kon met dié projek help om die kinders met kennis te bemagtig” sê Kim Poulton, voorsitter van AfriForum se Malmesbury-tak.

“Ons bedank elkeen wat betrokke was en ’n bydrae tot die suksesvolle afloop van die projek gemaak het,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Malmesbury-tak – jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Malmesbury” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings