| |

AfriForum se takke in Limpopo skenk handreiniger en gesigmaskers

Die AfriForum-takke in Limpopo het op in April 2020 ’n groot aantal handreiniger en gesigmaskers aan verskeie organisasies in die provinsie geskenk om hulle teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm.

Die volgende instansies het handreinigers en gesigmaskers ontvang:

  • die Jo-Ann Rusoord vir bejaardes in Pietersburg
  • die Piet Potgieter Tehuis vir bejaardes in Potgietersrus
  • die Frail Care Centre in Phalaborwa
  • die Macadamia Frail Care Centre en God’s Haven Tehuis vir bejaardes in Tzaneen

Dié skenkings volg nadat die burgerregteorganisasie in April ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is. AfriForum het op 15 April 2020 ’n verdere 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigmaskers na sy 53 takke in die noordstreek versprei om gemeenskappe te ondersteun.

“Bejaardes het spesiale sorg nodig, wat beteken dat hierdie organisasies juis meer beskermingsvoorraad benodig. Ons wil die personeel van organisasies in Limpopo in staat stel om hul belangrike werk voort te sit en dit veilig te kan doen,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die staat van inperking en COVID-19 te kry.

Raak vandag nog by AfriForum se Limpopo-takke betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings