|

AfriForum se TEKS-buurtwag werk hard om gemeenskap te beveilig

AfriForum se TEKS-buurtwag het gedurende Februarie hard gewerk om misdaad in die omgewing te stuit. Die buurtwag spog met 128 patrollies met byna 460 ure se patrolliediens en ’n totaal van 7 060 km wat in Februarie afgelê is.

Verder het die buurtwag hulp verleen by 23 motorvoertuig botsings, by 22 gevalle waar voertuie onklaar geraak het, in ses gevalle is mediese hulp verleen, meer as 20 verdagte optredes is gerapporteer en gemonitor en daar is ook een arrestasie gemaak in Februarie.

“Misdaad raak ons almal, daarom sal ons nie skroom om ons gemeenskap te help beskerm nie,” sê Dawie Taljaard van die AfriForum Teks buurtwag.

Sluit vandag aan by AfriForum se TEKS- tak, SMS “TEKS” na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings