|

AfriForum se Teks-tak bied gholfdag aan by Graceland

AfriForum se Teks-tak het op 29 Augustus ’n gholfdag by die Graceland-gholfklub aangebied.

Tydens die gholfdag het ongeveer 35 spanne aan ’n vierbal-kompetisie deelgeneem. Die spanne is beoordeel in verskeie kategorieë wat die mans-, dames- en juniorafdeling insluit. Elke speler se individuele punte is gebruik om die wenners te bepaal.

Theo Grobbellaar het die mansafdeling gewen, Nicole Louw die vroueafdeling en Divan Venter die juniorafdeling.

Die dag is gehou om meer mense aan AfriForum bekend te stel en hul bewus te maak van die tipe werk wat dié burgerregteorganisasie in die Teks-gebied doen.

“Ná die inperking verslap is, het ons besluit om mense bymekaar te bring met die geleentheid, nie net om die organisasie se werk te beklemtoon nie, maar ook om dankie te sê vir almal wat ons bystaan,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.

Word vandag nog deel van AfriForum se Teks-tak. SMS “Teks” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings