AfriForum se Teks-tak herstel slaggate in Trichardt


AfriForum se Teks-tak (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda) het op Saterdag 4 Mei 2019 die eerste fase van hul slaggatprojek afgeskop deur die slaggate in Trichardt reg te maak.

AfriForum-taklede, lede van die Trichardt-gemeenskapspolisiëringsforum en gemeen­skapslede het ingespring om die slaggate in Paul Krugerstraat en Trichardtweg te herstel. Altesaam 120 sakkies teer is reeds tydens die eerste fase gebruik.

“Ons wil die gemeenskap graag aanmoedig om betrokke te raak, ons by te staan en hulp te verleen as die tweede fase in Ebrahim Dayastraat in Trichardt afskop,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.
“Ons wil graag die volgende sakeondernemings in Trichardt bedank vir hul bydrae om alles moontlik te maak: The Willows, Euro Bath & Tile en A&E Supermarket. Sonder julle was dit nie moontlik om die projek te kon aanpak nie,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Raak betrokke by AfriForum se Teks-tak: SMS “Teks” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings