|

AfriForum se Teks-tak kry radionetwerk

AfriForum se Trichardt, Evander, Kinross en Secunda (Teks)-tak het onlangs herhalers opgerig om ’n radionetwerk aan sy lede op sowel plase as in die dorp beskikbaar te stel. Dít sluit ’n hoëbandstelsel vir dorpsbewoners en patrolleerders in.

“Doeltreffende radionetwerke is van kardinale belang om veiligheid in gemeenskappe en op plase te verbeter. Dit help dat veiligheidsinstansies vinnig kan reageer in geval van nood,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

“Ons moedig die gemeenskap aan om by AfriForum se tak- en veiligheidstrukture aan te sluit om ’n veilige toekoms te help skep,” sê Dawie de Villiers, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Teks-tak.

Dié tak het ook ’n noodnommer (079 488 7608) en die gemeenskap word aangemoedig om hierdie nommer te stoor.

Raak by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke en help om jou gemeenskap te beveilig: SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings