|

AfriForum se Teks-tak rig waterpunt op

AfriForum se Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)-tak het op 30 Mei 2020 sy eerste noodwaterpunt by die Davieshof-ouetehuis in Secunda opgerig sodat inwoners en gemeenskapslede in tye van nood toegang tot water sal hê. Dít volg nadat waterbeperkings gereeld in die Goven Mbeki Plaaslike Munisipaliteit voorkom en inwoners dan vir tye sonder water moet klaarkom.

Die tenk, wat 5 kl water kan stoor, is met ’n drukpomp toegerus en kan vir drinkwater en huishoudelike gebruik aangewend word.

“Hierdie projek se sukses en volhoubaarheid is van die hele gemeenskap se betrokkenheid afhanklik. Ons wil vra dat gemeenskapslede wat tot die projek kan bydra, veral diegene wie se wonings boorgate het en in tye van nood water kan verskaf, AfriForum se Teks-tak sal kontak,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

“Ons wil graag nóg waterpunte in die Secunda-omgewing oprig om meer water tydens onderbrekings beskikbaar te hê. Ons wil ook vir Clearwater Plumbing bedank wat die oprig van hierdie waterpunt moontlik gemaak het,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.

Raak vandag nog by hierdie projek betrokke: Skakel AfriForum se Secunda-nommer by 079 488 7608.

Soortgelyke plasings