|

AfriForum se Teks-tak vul slaggate tydens #OnsDorp-projek  

AfriForum se Teks-tak het die afgelope naweek meer as 1 ton teer gebruik om slaggate in Secunda te herstel. Hierdie veldtog vorm deel van die organisasie se #OnsDorp-projek. Die Teks-tak het vanjaar al meer as 5 ton teer aangekoop om slaggate te vul.

“Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en ons wil inwoners en skole wat soortgelyke probleme ervaar, aanmoedig om hul plaaslike AfriForum-tak te kontak,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld

“Die tak sal die naweek van 17 Oktober 2020 soortgelyke volhoubare selfdoenprojekte by Hoërskool Evander aanpak. As ons as ’n gemeenskap saamwerk om probleme op te los, sal ons suksesvol wees,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.

AfriForum doen ’n beroep op die inwoners van Secunda om by hul plaaslike tak in te skakel en sodoende ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak

Soortgelyke plasings