| |

AfriForum se Tzaneen-tak help met verspreiding van kospakkies

AfriForum se Tzaneen-tak is tans besig om voedsel in samewerking met Nylstroom se Helpende Hand-tak en ook kerkleiers van die dorp aan ouetehuise en behoeftiges te versprei. Die tak ry gereeld Nylstroom toe om kospakkies te gaan haal en dan vir ouetehuise en behoeftiges in Tzaneen uit te deel. Helpende Hand en die kerkleiers identifiseer die persone in nood aan wie die kospakkies gestuur word.

Ruimhartige boere in die Tzaneen-omgewing help met skenkings van voedsel wat baie vitamien C bevat, omdat dit kwesbare mense se immuunstelsels kan versterk. Tydens die COVID-19-krisis is dit belangrik om genoeg van dié vitamien in te neem om goeie gesondheid te handhaaf.

“Dit is tydens dié tydperk wat ons juis na ons gemeenskap moet omsien. Daar is baie mense wat swaarkry en ons is dankbaar vir die geleentheid om hulle te kan help,” sê Pieter Venter, voorsitter van AfriForum se Tzaneen-tak.

“Ons help ook graag die tak op hierdie manier, aangesien ons nie patrollies mag ry tydens die staat van inperking nie,” sê Uwe Krogh en Riaan Swart, voorsitters van die dorp se buurtwagte.

Raak vandag nog by AfriForum se Tzaneen-tak betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings