AfriForum se Upington-buurtwag trek verdagte vas


AfriForum se Upington-buurtwag het die afgelope naweek ’n verdagte wat in ’n erf opgemerk is, vasgetrek.
Dié insident het in Groenpuntweg plaasgevind. Die verdagte het oor ’n heining geklim en toe hy die huis wou betree, het ’n vrou hom gewaar. Haar man het die verdagte agternagesit. Die verdagte het gevlug en was vir ’n geruime tyd soek, maar is later in Schroederstraat onder leiding van Rassie Hanekom, sektorleier van dié AfriForum-buurtwagtak, gearresteer.

“Dit is te danke aan vinnige en goeie samewerking van buurtwaglede en die publiek dat die verdagte vasgetrek is,” sê Hanekom.
“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap van Upington om betrokke te raak by die buurtwag om sodoende misdaad soos hierdie hok te slaan,” sê Stephan van Tonder, AfriForum se Upington-buurtwagvoorsitter.
“Die buurtwag se radionetwerk is beskikbaar vir die hele Upington-gebied en omliggende gebiede. Ons het ook ’n ooreenkoms met AC Sekuriteit aangegaan om bystand aan AfriForum-lede te bied,” sê Gonda Louw, AfriForum se streekskoördineerder vir die Kalahari.

AfriForum is ook besig om ’n plaaswagstelsel in die omliggende dele op die been te bring.
AfriForum doen ’n beroep op Upington se inwoners om by dié buurtwag aan te sluit. Skakel 078 656 3874 of SMS “Upington” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings