AfriForum se Upington-tak knap onooglike huisie op die dorp op

 

AfriForum se Upington-tak het as deel van hul samewerking met die Upington Concerned Citizens-groep ingespring om die huisie oorkant die polisiestasie op dié dorp te help opknap.
Dit volg nadat Upington deur die kykNET-program Kwêla benoem is as een van die dorpe van die jaar; daarom word daar opnuut gewoeker om Upington in topvoorkoms te kry.

“Dit is ons plig as gemeenskap om te sorg dat ’n veilige en skoon ruimte vir die inwoners van ons dorpe geskep word. Daar waar die munisipaliteit versuim om sy plig na te kom, sal ons as gemeenskap inspring,” sê Steven van Tonder, die voorsitter van AfriForum se Upington-tak.

Om by takprojekte betrokke te raak kan jy ’n e-pos na gonda.louw@afriforum.co.za of ’n SMS met die woord “Upington” na 32532 (R1) stuur.

Soortgelyke plasings