AfriForum se Vaalharts-tak dra by tot gemeenskapsbeveiliging


Die AfriForum-tak in Vaalharts het op 4 Oktober in Jan Kempdorp en op 5 Oktober in Hartswater veiligheidsvergaderings gehou waarby die gemeenskap kon baat.
Marnus Kamfer het tydens die vergaderings meer vertel oor wat mense te doen staan in die geval van grondgrype, asook wat hulle regte as siviele burgers is in terme van veiligheid. André Coetzee het gepraat oor AfriForum se 911 TrackBox-toepassing en dié organisasie se Projek Nehemia.
Geleentheid is ook ná elke aanbieding aan lede van die gemeenskap gegee om vrae te vra en hul bekommernisse te lug.

“Die veiligheidsvergaderings is gehou nadat ’n nuwe bestuur vir die tak verkies is en hierdie tipe inligtingsvergaderings is een van vele projekte en vergaderings wat beplan word om die gemeenskap te bemagtig,” sê Ruan Beukes, voorsitter van AfriForum se Vaalharts-tak.

Stephen Bennie, lid van die Vaalharts-veiligheidsgroep, het AfriForum bedank vir die aanbied van hierdie veiligheidsvergaderings en genoem dat hulle graag toenemend saam met AfriForum se buurtwagte sal wil werk.

“Die vergaderings het baie goed afgeloop en dit wys dat daar ’n groot behoefte aan veiligheid in ons gemeenskappe is. Ek is veral opgewonde dat verskillende strukture saam AfriForum wil werk om hulle onderskeie gemeenskappe te beveilig,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Raak vandag nog by AfriForum se Vaalharts-tak betrokke: SMS “Vaalharts” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings