AfriForum se Vaalharts-tak help om brand te blus


Bestuurslede van AfriForum se Vaalharts-tak het op Vrydag 5 Oktober 2018 saam met boere van die omgewing gehelp om ’n brand by die vullisterrein in Hartswater te blus.
Onluste is vroeër dié dag op die dorp veroorsaak deur inwoners van die Nkandla informele nedersetting wat naby Hartswater geleë is. Die brand het ontstaan nadat betogers ’n padskraper en gebou op die vullisterrein aan die brand gesteek het.
Betogers wou na bewering hul ontevredenheid uitspreek teenoor die munisipaliteit omdat daar nog nie elektrisiteit na die Nkandla informele nedersetting aangelê is nie.

“Dit was lekker om te sien hoe mense saamstaan en hulp verleen om hul dorp by te staan,” sê Wick Grobler, hoof van die gemeenskapsveiligheidsportefeulje van AfriForum se Vaalharts-tak.
“Hierdie is ’n goeie voorbeeld van ’n gemeenskap wat saamstaan en nie net toelaat dat hul gemeenskap ten gronde gaan nie,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Om by AfriForum se Vaalharts-tak betrokke te raak, SMS “Vaalharts” na 32532 (R1).
 

Soortgelyke plasings