|

AfriForum se Vaalharts-tak pas druk toe om rioolprobleem op te los

’n Rioollek in Jan Kempdorp is ná volgehoue druk deur AfriForum se Vaalharts-tak herstel nadat die gemeenskap die probleem verskeie kere by die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit aangemeld het.

“Mense het begin kla dat die munisipaliteit nie op die probleem reageer nie,” sê Hilgard Futcher, voorsitter van AfriForum se Vaalharts-tak se omgewingsakeportefeulje. Futcher en Brendon Fourie, veiligheidsvoorsitter van die tak, het na die rioollek gaan kyk en die munisipaliteit se administrateur is ook daaroor in kennis gestel. Nadat die takbestuur die kwessie opgevolg het, is die lek herstel.

“Dit is vir die gemeenskap ’n groot frustrasie as hulle geen reaksie kry wanneer hulle probleme aanmeld nie. Dit is waarom dit belangrik is om by die Vaalharts-tak aan te sluit sodat ons hierdie probleme saam kan oplos,” sê Futcher.

“Ons het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig om hulle te vra om met AfriForum te vergader om probleme te bespreek wat spoedig hul aandag moet geniet en om hulle in te lig oor ander riool- en waterprobleme wat onder die tak se aandag gekom het,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Soortgelyke plasings