AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag blus vuur


AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag het op 15 Augustus 2018 ’n brand in ’n elektriese verdeelkas in Vanderbijlpark SW5 geblus.
’n Lid van die AfriForum-tak het omstreeks 10:30 gisteroggend opgemerk dat rook uit ’n elektriese verdeelkas trek en lede van die buurtwag gekontak, waarna die brand vinnig geblus is. Die oorsaak van die brand is onbekend.

“Goed georganiseerde veiligheidstrukture het ons lede in staat gestel om só vinnig op te tree. Dít is hoekom dit belangrik is dat gemeenskapslede by veiligheidstrukture betrokke raak,” sê Dewet Ungerer, distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek.

Soortgelyke plasings