|

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag keer verdagte vas

Die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark is op Dinsdag 7 Januarie 2020 ontbied om ondersoek na ’n moontlike huisbraak in te stel. Die buurtwag het ’n verdagte naby Koos de la Reystraat opgespoor en in hegtenis geneem. Die verdagte is aan die SAPD oorhandig en ’n saak van inbraak is teen die verdagte aanhangig gemaak.

Terwyl die buurtwag na die verdagte op soek was, het hulle ook heelwat daggaplante in ’n erf opgemerk. Die polisie is daaroor in kennis gestel, wat die daggaplante verwyder het.

 “AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag het flink opgetree, wat bewys dat hulle vasberade is om misdaad in dié dorp te bekamp,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Sluit vandag nog by hierdie aktiewe tak aan: E-pos afriforumvdb@gmail.com of SMS “Vdbp” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings