|

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag maak veilige besoeke aan begraafplaas moontlik

Die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark het op 27 September 2020 by die plaaslike begraafplaas gepatrolleer om die gemeenskap die geleentheid te gee om hul geliefdes se grafte veilig te besoek.

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag het dié inisiatief aangepak om die gemeenskap se veiligheid te verseker tydens besoeke aan die begraafplaas.

“Ons moedig die publiek aan om die plaaslike tak te kontak vir meer inligting oor die datums en tye van die patrollies by die begraafplaas, sodat hulle hul geliefdes se grafte in dié tydgleuwe kan besoek. Ons vertrou dat hierdie inisiatief vrugte sal afwerp en hoop om met hierdie proaktiewe optrede misdaad die nekslag toe te dien,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se koördineerder vir die Wes-Rand.

Hou gerus ook die Vanderbijlpark-tak se Facebook-blad dop of kontak 072 908 1345 vir die volgende datum waarop die buurtwag by die begraafplaas gaan patrolleer.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke. SMS “VDBP” na 45342 (R1) om by AfriForum se Vanderbijlpark-tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings