AfriForum se Vanderbijlpark-tak patrolleer begraafplaas


AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op Sondag 20 Mei 2018 weer die dorp se begraafplaas gepatrolleer ten einde die veiligheid van besoekers te verseker. Dié patrollies vind een keer per maand, gewoonlik elke derde Sondag, plaas en taklede patrolleer van 10:00 tot 15:00.

“Die begraafplaas is baie onveilig en verskeie mense is al in die verlede hier besteel of aangerand. AfriForum se begraafplaaspatrollie beteken dat mense hul geliefdes se grafte met geruste harte kan besoek. Die tak lewer hierdie diens omdat ons vir die gemeenskap omgee en omdat die munisipaliteit nie in staat is om mense se veiligheid hier te waarborg nie. Ons moedig inwoners aan om by ons tak aan te sluit en te help om ’n verskil in ons dorp en land te maak,” sê Adriaan le Roux, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Vanderbijlpark-tak.

Mense wat by die tak wil aansluit, kan ’n e-pos stuur na afriforumvdb@gmail.com of “Vdbp” SMS na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings