AfriForum se Vanderbijlpark-tak rig vertoë aan Eskom om krag aan te hou


Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het in samewerking met ander rolspelers in die gemeenskap ’n vertoë aan Eskom gerig. Dít volg nadat die kragreus gedreig het om die elektrisiteitstoevoer na die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit af te sny weens R194 miljoen se agterstallige munisipale skuld.

“Die agterstallige skuld is glo sedert April vanjaar uitstaande en indien dit nie teen 3 Oktober 2017 betaal word nie, het Eskom gesê dat beurtkrag geïmplementeer sal word. Hierdie kragonderbrekings sal ’n geweldige groot impak op die ekonomiese groei in Vanderbijlpark en omliggende omgewing hê. Dit is boonop nie regverdig om belastingbetalers te straf vir geld wat weens wanbesteding nie deur die munisipaliteit betaal is nie,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Suid.

Die tak het reeds met verskeie rolspelers in die gemeenskap vergader om ’n aksieplan op te stel ten einde die munisipaliteit tot verantwoording te roep om sy plig teenoor sowel die gemeenskap as Eskom na te kom.
Ondersteun AfriForum met hierdie inisiatief deur jou mandaat te gee: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings