|

AfriForum se Vanderbijlpark-tak vul meer as 2 000 slaggate

Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het onlangs ongeveer 2 100 slaggate in verskeie strate in die dorp gevul as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Die Vanderbijlpark-tak het 35 ton teer aangekoop en die projek het ongeveer R90 000 beloop. Hierdie aksie is in samewerking met nege motorfietsklubs, verskeie sakeondernemings en gemeen¬skaps¬lede aangepak om die paaie veiliger vir motoriste te maak.

Soortgelyke plasings