AfriForum se Vanderbijlpark-tak vul slaggate op


As deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog het die burgerregte-organisasie se Vanderbijlpark-tak slaggate rondom skole in dié dorp opgevul.
Die tak het die publiek op 90.6 FM, die plaaslike radiostasie, versoek om skole te nomineer, waarna die gekose skole deur middel van ’n trekking aangewys is.
AfriForum-taklede en vrywilligers het van 23 Junie tot 21 Julie oor naweke slaggate opgevul en voetoorgange geverf by die Laerskool Kollegepark, die Laerskool D.F. Malherbe en die Hoërskool Transvalia. Altesaam 465 slaggate is opgevul.

“As AfriForum-tak wil ons ’n positiewe verskil in ons gemeenskap maak. Ons moedig die gemeenskap aan om by die tak aan te sluit en só te help om munisipale verval teen te werk,” sê Julian Pronk, tesourier van AfriForum se Vanderbijlpark-tak en een van die projekleiers.

Sluit vandag nog by AfriForum se Vanderbijlpark-tak aan: Stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com.

Soortgelyke plasings