|

AfriForum se Vanderbijlpark-tak werskaf in Februarie

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het in Februarie 2020 ’n teerprojek van stapel gestuur om slaggate in Louw Wepenerstraat te vul as deel van ’n reeks aksies wat reeds in Februarie afgeskop het.

“Weens die drastiese agteruitgang van plaaslike munisipaliteite is dit noodsaaklik dat die publiek eienaarskap neem en self aan ’n beter gemeenskap begin bou,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Anton Stander en Ruan Oosthuizen, wat onderskeidelik plaaslikeregering- en omgewingsake vir AfriForum se Vanderbijlpark-tak behartig, het op 18 Februarie vanjaar ’n oudit by die Boitshepi-vullisterrein uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek.

Die Vanderbijlpark-tak het ook ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur om Frikkie Meyerboulevard en die omliggende omgewing netjies te maak.

“Ons is regtig bly om te sien dat gemeenskapslede graag wil help om hierdie gebied skoon te maak. Die dorp is vir ons belangrik en daarom sal ons voortgaan om dit skoon te hou,” sluit Ungerer af.

Stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com om by hierdie aktiewe tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings