AfriForum se Velddrif-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwag in Velddrif het op 17 en 18 Mei 2019 in samewerking met die Port Owen-buurtwag dié dorp en omliggende gebiede veilig gehou as deel van die organisasie se nasionale patrollie.

Altesaam 29 patrolleerders het tydens dié patrollie meer as 400 km in 17 voertuie afgelê.

“Ons bedank elke patrollielid, die polisie, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en elke ander persoon wat hul tyd opgeoffer het om ’n verskil te maak en misdaad in die gebied te bekamp,” sê Chrisma Faulkner, voorsitter van AfriForum se Velddrif-tak.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om by veiligheidstrukture soos plaaslike buurtwagte in hul omgewing betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke raak, hoe beter kan ons misdaad bekamp en hoe veiliger kan ons in ons onderskeie dorpe leef,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings