AfriForum se Velddrif-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding


Die AfriForum-buurtwag in Velddrif het op 28 Augustus opleiding ontvang oor die reg en wetgewing wat geld wanneer hul patrollies ry. Dié opleidingsessie is aangebied deur Thomas van Dalen, AfriForum se opleidingsbestuurder by gemeenskapsveiligheid.

“Dit is belangrik dat buurtwaglede kennis dra van wat hulle volgens wet mag en nie mag doen nie, sodat hulle altyd binne die raamwerk van die reg optree. Ons moedig gemeenskappe aan om proaktief te wees en by veiligheidstrukture soos AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke te raak,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland en Weskus.

Volgens Van Dalen fokus AfriForum tans sterk op gemeenskapsveiligheid: “Dit is vir ons belangrik dat gemeenskappe opgelei word om hulle in staat te stel om hulself te beveilig.”
Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings