AfriForum se Ventersdorp-buurtwag ontvang selfverdedigingsopleiding


Lede van AfriForum se Ventersdorp-buurtwag het van 28 Februarie tot 3 Maart 2018 selfverdedigingsopleiding ontvang. Dit was die eerste sessie in hierdie opleiding, wat deur Henk Coetzee van Kalah Combat Noordwes aangebied is.

“AfriForum se Ventersdorp-buurtwag het die behoefte geïdentifiseer om opleiding vir die hantering van konfliksituasies te ontvang. Die buurtwag het baie geleer en ons wil daarom graag soveel moontlik mense van die gemeenskap vir dié opleiding stuur,” sê Orten van Jaarsveld, voorsitter van AfriForum se Ventersdorp-tak.

AfriForum doen ’n beroep op die Ventersdorp-gemeenskap om by die AfriForum-tak en -buurtwag betrokke te raak om ’n verskil in hul dorp te maak. SMS “Ventersdorp” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings