|

AfriForum se Vereeniging-tak skenk 4,5 ton teer

Die AfriForum-tak in Vereeniging het die afgelope week 4,5 ton teer geskenk om slaggate in die dorp te herstel. Op 10 September is 2,5 ton teer aan DRC Electrical & Maintenance geskenk om slaggate in Langrand- en Reynoldstraat te vul. Die tak het ook op 14 September 2 ton teer aan Eurika Cantall, sekretaresse van Sonra, wat die teerprojek gekoördineer het, geskenk. Dié teer is gebruik om die padoppervlak in Leeukuillaan te herstel nadat die munisipaliteit ongeveer twee maande gelede ’n waterpyp herstel het, maar nooit die padoppervlak herstel het nie.

“Die Vereeniging-tak wil graag ’n beter omgewing vir almal skep en ’n verskil in die gemeenskap maak. Die tak sal voortgaan om selfdoenprojekte aan te pak om die beeld van die dorp te verbeter. As ons as ’n gemeenskap saamstaan en saamwerk om probleme uit die weg te ruim, kan ons nog baie sukses behaal,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Raak vandag nog by AfriForum se Vereeniging-tak betrokke en word deel van die verskil. SMS “Vereeniging” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings