AfriForum se Voëlklip-buurtwag word vereer


AfriForum se Voëlklip-buurtwag het ’n toekenning ontvang tydens dié burgerregte-organisasie se driejaarlikse kongres, wat in Augustus gehou is. Die toekenning is oorhandig nadat die buurtwag deur die Hermanus-GPF in April vanjaar geloof is vir Voëlklip se lae misdaadsyfer.

Die toekenning is op Vrydag, 14 September deur die takvoorsitter, Elmarie van Dalen, aan Theuns Coetzee, die buurtwagvoorsitter, oorhandig.

“Die buurtwag patrolleer toegewyd en paraat, bedags en snags, om die inwoners van Voëlklip te beveilig. As verteenwoordiger van AfriForum se Overstrand-tak is ek trots op AfriForum se Voëlklip-buurtwag en hul harde werk,” sê Van Dalen.

Indien inwoners van Voëlklip by dié buurtwag betrokke wil raak, kan hulle Van Dalen by 079 366 1000 kontak.

Soortgelyke plasings