AfriForum se Vryburg-buurtwag hou veiligheidsvergadering


AfriForum se Vryburg-buurtwag het Vrydag 12 April 2019 ’n geslaagde vergadering gehou om veiligheidsinligting en reëlings oor dié buurtwag aan inwoners bekend te stel. Ongeveer 80 mense het die vergadering bygewoon.

David Olivier het oor die veiligheidsituasie in die land gepraat en vir Joseph Renaud, wat by hom as AfriForum se nuwe waarnemende veiligheidstreekhoof gaan oorneem, bekend gestel. Johnnie van der Walt, AfriForum se veiligheidstelekommunikasiebestuurder, het oor die gebruik van radio’s en kommunikasie gepraat. Dries van Wyk, die takvoorsitter, het die inwoners oor die situasie by die plaaslike munisipaliteit ingelig. Rudi du Toit, voorsitter van die buurtwag, het die sektor- en blokstelsel wat die buurtwag voortaan gaan gebruik, asook die buurtwag se noodplan in breë trekke aan die inwoners verduidelik.
Die Vryburg-tak het ook van die geleentheid gebruik gemaak om hul nuwe hommeltuig ten toon te stel. Twee lede sal opleiding ontvang om die hommeltuig te vlieg.
Die vergadering is op ’n gesellige wyse met ’n braai afgesluit, wat inwoners die geleentheid gee om mekaar op ’n informele wyse te leer ken.
Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, wil graag die buurtwag en die protospan vir hul onbaatsugtige werk bedank. Die feit dat hulle vrywilligers is wat geen vergoeding ontvang nie, maak hul diens aan die publiek soveel meer merkwaardig.

“Alhoewel ons baie dankbaar is vir die bywoning Vrydagaand, beskerm die buurtwag baie meer mense in Vryburg en ons doen ’n beroep op elke inwoner om by die buurtwag betrokke te raak. Hoe meer ons is wat saamstaan, hoe beter kan ons na ons veiligheid omsien. Mense wat nie meer patrollie kan ry nie, kan op baie ander maniere bystand bied – ons het regtig elke inwoner se bydrae nodig,” sê Pretorius.

SMS “Vryburg” na 45351 (R1) om by AfriForum aan te sluit.

Soortgelyke plasings