AfriForum se Vryburg-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwag in Vryburg het die afgelope naweek aan die burgerregte-organisasie se nasionale patrollie – Operasie Rooimus – deelgeneem. Altesaam 55 lede het met 22 voertuie 729 km in 141 manure afgelê – patrollies is ook te voet gedoen.
Die plaaslike verkeersafdeling was ook by die patrollie betrokke en geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“Dit is verblydend om te sien dat daar inwoners is wat self hul dorp wil beveilig. Alle inwoners van Vryburg word aangemoedig om by die AfriForum-tak in te skakel en aan die buurtwag se bedrywighede deel te neem,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Vryburg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings