|

AfriForum se Vryburg-tak bestee meer as R120 000 aan slaggate

Die AfriForum-tak in Vryburg het hul suksesvolle slaggatprojek in dié dorp voortgesit nadat die tak sedert vlak 3-regulasies weer met gewone takprojekte kon begin voortgaan.

Die tak het reeds meer as R120 000 aan die slaggatprojek bestee en die span, onder leiding van Pieter Watt, is gereeld gedurende die week in die strate van Vryburg doenig.

Die tak streef daarna om die verskil te wees. “Ons wil graag die pas aangee vir die res van die gemeenskap en sowel mense as ondernemings met ons aksies motiveer om ook betrokke raak, want saam is ons sterker,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Buiten dié suksesvolle slaggatprojek, beskik die tak ook oor ’n aktiewe buurtwag met ’n protospan. Die buurtwag ry daagliks patrollie en het die plaaslike SAPD in vele operasie ondersteun. Die tak beskik ook oor ’n hommeltuig wat gereeld gebruik word om te help om misdadigers vas te trek. Die buurtwag staan onder leiding van Rudi du Toit en nooi die gemeenskap uit om by dié aktiewe buurtwag betrokke te raak.

“Ons is positief oor die tak se doelwitte en aksies. Die tak wil deur hul projekte verbetering vir die hele gemeenskap bewerkstellig. Wanneer ons ’n slaggat herstel, doen ons dit vir almal wat die paaie gebruik,” sê Nieuwoudt.

Die Vryburg-tak wil graag ’n verskil maak sodat inwoners weer trots kan wees op hul dorp. Die tak wil toesien dat die dorp skoner en mooier word nooi daarom sakeondernemings en gemeenskapslede uit om by die slaggat- en ander projekte betrokke te raak.

Word deel van die verskil en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Vryburg” na 31481 (R1). Saam kan ons meer verrig.

Skakel Nieuwoudt by 081 217 1627 vir meer inligting of om by die tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings