AfriForum se Vryheid-tak bied noodhulpkursus aan


Die veiligheidstrukture van AfriForum se Vryheid-tak het onlangs besluit om basiese noodhulpkursusse vir hul patrolleerders en lede van die gemeenskap aan te bied. Dit vorm deel van verskeie kursusse wat dié tak vir 2019 beplan.

“Die doel van hierdie opleiding is om ons patrolleerder te bemagtig om die gemeenskap in noodsituasies by te staan. Ons beplan ook opvolgkursusse en enige belangstellendes kan AfriForum se Vryheid-tak kontak,”  sê Johan van der Wath, patrollie-en-opleidingskoördineer van AfriForum se Vryheid-tak.
“Dit is vir ons baie belangrik dat ons tak se veiligheidstrukture en patrolleerders goed opgelei en bemagtig word om ons gebied suksesvol te beveilig,” sê André van der Walt, voorsitter van AfriForum se Vryheid-tak.

Skakel die komitee by 081 462 3221 om deel te raak van die veiligheidstrukture van AfriForum se Vryheid-tak.
Ondersteun jou gemeenskap: SMS “Vryheid” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings