AfriForum se Vryheid-tak dien interne appèl in

AfriForum se Vryheid-tak het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) (PAIA) redes versoek waarom AfriForum nie ’n afskrif van die kontrakteur wat vir die  bestuur van die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit se vullisterrein verantwoordelik is, se kontrak ontvang het nie. Dít volg op ’n reeks klagtes oor die onaanvaarbare toestand van die vullisterrein.

“Ons moet verstaan wat die kontrakteur se verpligtinge is en hoe hierdie kontrak toegeken is. Die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit is in ’n krisis gedompel en die gemeenskap moet kennis dra van die dienste wat die munisipaliteit moet verskaf,” sê André van der Walt, voorsitter van AfriForum se Vryheid-tak.

 

“Hierdie is ons finale versoek om ’n afskrif van die kontrak te bekom. AfriForum sal oorweeg om die hof te nader om die munisipaliteit te dwing om die inligting te verskaf, asook om te vra vir ’n kostebevel teen die verantwoordelike beampte,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.

Ondersteun AfriForum om jou gemeenskap te help: SMS jou naam na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings