AfriForum se Warmbad-tak stuur water na Kaap as droogtehulp


AfriForum se Warmbad-tak het in samewerking met Hoërskool Warmbad meer as 11 000 liter gebottelde drinkwater ingesamel wat Kaap toe te gestuur is vir droogtehulp.
AfriForum het 2 000 vyf-liter-waterbottels vir die projek geborg, wat deur Bella’s Ice met skoon drinkwater gevul is en deur Gift of the Givers Kaap toe vervoer is. Lede van die gemeenskap het ook gebottelde water vir dié projek geskenk.
Volgens Janes Boshoff, AfriForum se Warmbad-takvoorsitter, is die projek ’n goeie voorbeeld van samewerking tussen verskillende organisasies en die gemeenskap om ’n gesamentlike doel te bereik.

“As gemeenskappe hande vat en saamwerk, is enigiets moontlik. Elke bietjie water help en só doen ons gemeenskap ons deel om mede-Suid-Afrikaners in die Kaap te help.”
“Ons sal graag wil sien dat ander gemeenskappe ook die inisiatief ondersteun en saamwerk om nog water Kaap toe te stuur om die mense in hierdie tyd van nood by te staan,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Soortgelyke plasings