AfriForum se Welkom-tak roep die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit tot verantwoording

AfriForum se Welkom-tak roep die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit tot verantwoording oor die storting van rou riool.

  • Rou riool borrel al jare lank uit in erwe, sakegebiede, strate, velde, vleilande en boere se plase.
  • Rioollyne is verstop, mangate loop oor van die riool en die rioolaanlegte is totaal en al disfunksioneel.
  • Mense se lewensgehalte en gesondheid word negatief beïnvloed deur die rioolstortings.

Na vele skrywes en klagtes wat deur AfriForum by die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit ingedien is, is die probleem nog nie aangespreek nie. AfriForum gaan nou die munisipaliteit tot verantwoording roep om die probleem op te los. Daar is reeds ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig om hulle op terme te plaas om die rioolprobleem aan te spreek. Indien die munisipaliteit nie gehoor gee aan die skrywe nie sal AfriForum ’n kriminele klagte gaan lê by die SAPD teen die munisipale bestuurder in sy persoonlike kapasiteit oor die besoedeling.

Voeg jou naam by die klag deur die petisie te onderteken en so ook die saak te ondersteun. Dit is tyd dat die munisipaliteit verantwoordelik gehou word vir die swak dienslewering.

Naam en van*
Consent*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings