| |

AfriForum se Welkom-tak versprei 3,5 ton se kosskenkings

Die AfriForum-tak in Welkom het onlangs verskeie kosskenkings van boere in die omgewing ontvang. Hierdie skenkings is gevolglik aangewend om die nood in plaaslike gemeenskappe te verlig. Die tak het 1 ton mieliemeel, 1 ton suikerbone, 1 ton aartappels, 500 kg witbone, soppoeier en sojaprodukte in ontvangs geneem.

Die skenkings is versprei met behulp van verskeie gemeenskapsprojekte wat in Welkom en omliggende dorpe gedryf word. Voedsel word onder meer aan behoeftige gesinne in Welkom, Hennenman, Allanridge, Wesselsbron, Odendaalsrus, Ventersburg en Virginia afgelewer.

“Die voedselnood neem geweldig toe en ons probeer om soveel moontlik gesinne by te staan in hierdie tyd. Ons het groot dankbaarheid vir boere wat hulle harte oopmaak om mense te help tydens hierdie moeilike omstandighede,” sê Johan Terblanche, voorsitter van AfriForum se Welkom-tak.

“Dit is merkwaardig om te sien hoe mense saamstaan en hul hande en harte oopmaak in tye van nood. Ons is baie dankbaar vir al die skenkings wat tot dusver ontvang is en vir die harde werk wat ons strukture in hierdie tyd verrig. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan en te ondersteun,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Diegene wat kos aan die Welkom-tak wil skenk, kan Terblanche by 082 954 3160 skakel.

Sluit vandag nog by AfriForum se Welkom-tak aan en word deel van die oplossing: SMS “Welkom” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings