AfriForum se Wes-Moot-buurtwag loods bewusmakingsaksie en massapatrollie


AfriForum se Wes-Moot-buurtwag, die Sektor 1-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die SAPD het op 3 Maart 2018 ’n bewusmakingsaksie en massapatrollie gehou om sigbaarheid in dié gebied te verhoog.
Volgens Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord, is dit belangrik dat veiligheidsinstellings aktief en sigbaar in die gemeenskap is.

“Ons het al telkemale gesien dat misdadigers verdryf word uit gebiede waar die gemeenskap saamwerk om kriminele aktiwiteite te bekamp. Ons is verantwoordelik vir ons eie veiligheid.”

Johan Liebenberg, voorsitter van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag, sê dat gemeenskapsbetrokkenheid ’n groot rol in die gebied speel en dat mense by bestaande strukture moet inskakel om ’n daadwerklike verskil te maak.

“Ons moedig die inwoners van ons gebied en omliggende gebiede aan om betrokke te raak en AfriForum te help om veiligheid in die gemeenskap te bevorder. Daar was sedert die patrollie geen insidente in die gebied nie.”

Soortgelyke plasings