AfriForum se Wes-Moot-buurtwag trek verdagte met hulp van gemeenskap vas


AfriForum se Wes-Moot-buurtwag het met die hulp van die publiek op Dinsdag 14 November ’n vermeende inbreker aangekeer. Dít nadat hy oor verskeie heinings gespring het en uiteindelik in Irvinelaan in Mountain View in hegtenis geneem en aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig is.

“Die publiek se oplettendheid en flinke optrede het daartoe gelei dat die verdagte vinnig aangekeer kon word,” sê Johan Liebenberg, buurtwagvoorsitter van AfriForum se Wes-Moot-tak.
“Publieke samewerking en inligting is van kardinale belang om volgehoue sukses teen misdadigers te bereik en om ons omgewing weer veilig te maak,” meen Liebenberg.
“Dit is baie belangrik vir die gemeenskap om altyd bewus te wees van wat aangaan in hul gebied,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineer vir Gauteng-Noord.

AfriForum doen ’n beroep op die verskeie gemeenskappe in die Tshwane Metro om by die  plaaslike takke betrokke te raak en aktief deel te neem aan die aktiwiteite van dié buurtwagte. Vir meer inligting hieroor, stuur ’n e-pos aan lambert@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings