| | | |

AfriForum se Wes-Moot-tak help met misdaadvoorkoming

AfriForum se Wes-Moot-buurtwag het op 22 Oktober 2021 saam met die Hercules GPF, Hercules SAPD, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander rolspelers verskeie misdaadvoorkomingsoperasies uitgevoer om misdadigers die gebied te ontsê.

Verskeie arrestasies is ook uitgevoer vir onderskeidelik die besit van dwelms, die onwettige bedryf van sjebeens en ander bylaag B-misdrywe.

“Dit wys weer eens dat as ’n gemeenskap hande vat en die SAPD ondersteun kan ons ’n verskil maak in ons gemeenskappe,” sê Johan Liebenberg, inligtingsbeampte van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag.

“Dit is suksesvolle operasies soos dié wat gemeenskappe beveilig en wat die verhoudings tussen veiligheidstrukture in gemeenskappe versterk. Dit wys duidelik dat buurtwagte en ander veiligheidstrukture binne die gemeenskap van kritiese belang is om die owerhede by te staan,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur op die gratis Telegram-toep ’n kort verifikasie te doen by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS “Wes-Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings