|

AfriForum se Wes-Moot-tak maak in Claremont skoon

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 29 Februarie 2020 ’n groot skoonmaakprojek tussen Pretoria- en Marketstraat in Claremont uitgevoer. Groot dele om die waterkanaal is skoongemaak en ontbos om veiligheid in die gebied, wat onder inbrake en diefstal deurloop, te verbeter.

’n Groot gedeelte langs die kanaal moet nog skoongemaak word, maar dit sal by ’n volgende geleentheid gedoen word.

“Die lang gras en bosse bied wegkruipplek aan boosdoeners. Ons versoek die gemeenskap vriendelik om nie hul tuinvullis langs die kanaal te stort nie, omdat dit skoonmaakprojekte belemmer en ’n veiligheidsrisiko is. Dit besoedel ook ons omgewing,” sê Johan Liebenberg, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Wes-Moot-tak.

Die tak wil almal bedank wat by die projek betrokke was. Hierdie is weer eens ’n bewys dat misdaad beveg kan word en ons omgewing weer veilig kan wees as almal saamwerk.

Soortgelyke plasings