|

AfriForum se Wes-Moot-tak voorsien ongeveer 8 000 liter water aan inwoners

AfriForum se Wes-Moot-tak het van 19 tot 21 November 2021 water aan die inwoners van Mountain View, Tuine en Daspoort voorsien nadat dié gebiede sonder water was toe die Tshwane Metro noodherstelwerk moes doen aan ’n 450 mm waterpyp wat water aan die gemeenskappe voorsien.

Die Wes-Moot-tak het verskeie ouetehuise en gesinne gehelp wat nie water kon kry nie deur hul waterkar vol te maak om water aan dié mense te verskaf. Ongeveer 8 000 liter water is aan die gemeenskap verskaf.

“Gemeenskappe soos hierdie wat eienaarskap neem en hul probleme self oplos is ’n voorbeeld vir die pad vorentoe. Dit is vir my ’n eer dat ons tak die gemeenskap met klein dade soos hierdie kan ondersteun. Ons versoek die Wes-Moot-gemeenskap om aktief by die tak betrokke te raak – gewillige hande en ondersteuning maak sulke bydraes moontlik,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit gerus by dié tak aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur op die gratis Telegram-toep ’n kort verifikasie te doen by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS “Wes-Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings