|

AfriForum se Williston-tak hou ledevergadering

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Williston-tak het op 23 Augustus 2019 ’n ledevergadering gehou. Tydens hierdie vergadering het J.D. Smit, voorsitter van dié tak, die lede meer van AfriForum vertel, asook waarmee die tak die afgelope jaar besig was.

Dr. Theo de Jager, president van die Wêreld Landbou-organisasie (WLO) en uitvoerende direksievoorsitter van die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai), het as gasspreker by die geleentheid opgetree.

De Jager het ’n nugter boodskap van hoop met die gemeenskap gedeel te midde van die jarelange voortslepende droogte. Ongeveer 100 gemeenskapslede het die vergadering bygewoon en kon na afloop van die vergadering ’n ligte middagete geniet.

“Dit is swaar om te weet dat mense in sulke moeilike omstandighede ’n bestaan moet maak, maar tog verblydend om te sien dat mense ten spyte van hul omstandighede steeds hoopvol is,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog by AfriForum se Williston-tak betrokke: SMS “Williston” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings