|

AfriForum se Witbank-tak verrig opknappingswerk

Die AfriForum-tak in Witbank het die afgelope twee weke verskeie padtekens oorgeverf en slaggate in Geringerstraat opgevul. Van dié tekens was nie meer duidelik sigbaar nie en die tak het ingegryp om motoriste se veiligheid te verseker. Die tak beplan om nóg verkeerstekens oor te verf en slaggate op te vul in 2de Laan, op die ou Middelburg-pad en in Hans Strydomstraat.

“Die plaaslike munisipaliteit versuim steeds om die nodige instandhoudingswerk aan Witbank se infrastruktuur te doen. AfriForum se Witbank-tak het dié projek aangepak omdat dit bydra tot ’n beter en veiliger gemeenskap,” sê Alfred Friess, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.

Die tak nooi sakeondernemings en gemeenskapslede uit om by dié projek betrokke te raak om Witbank beter en veiliger te maak.

Stuur ’n e-pos na bronwen.pretorius@afriforum.co.za en sluit vandag nog by AfriForum se Witbank-tak aan.

Soortgelyke plasings