AfriForum se Witrivier-buurtwag bied bystand ná plaasaanval


AfriForum se Witrivier-buurtwag het mediese bystand verleen aan ’n boer wat Maandagaand op sy plaas aangeval is. Gavin Wingrave (51) is erg aangerand en vermoedelik met ’n hoekyster aangeval. Hy het ernstige beserings opgedoen en dringende hulp benodig.
Die buurtwag het ’n gekwalifiseerde lid in eerstehulp wat hom kon bystaan en behandel tot ’n ambulans opgedaag het.

“Die boer se toestand was kritiek, maar stabiel,” sê Attie Marais van AfriForum se Witrivier-buurtwag.

Ander buurtwaglede het in samewerking met Bossies Community Justice en boere van die omgewing na die aanvallers gesoek en paaie afgesper.
Mnr. Marais het reeds gedurende Augustus vir vier ander buurtwaglede eerstehulpklasse begin aanbied wat hulle binnekort behoort te voltooi.

“Die optrede van almal tydens die voorval is ’n goeie voorbeeld van samewerking tussen organisasies,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in Mpumalanga-Oos.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings