AfriForum se Witrivier-buurtwag help om wegholbrande te beveg


AfriForum se buurtwag in Witrivier het saam met die Heidelvallei-plaaswag hulp verleen om wegholbrande te blus.
Dié brande het oor ’n paar dae op verskeie plekke gewoed en het skade aan sowel plantasies as landerye veroorsaak. Dele van Brondal, Heidelvallei en Spioenkop het deurgeloop.
Verskeie rolspelers, insluitend die Mbombela-brandweerdiens, Lefpa en verskeie plaaswagte, het saamgewerk om die situasie die hoof te bied. Dertien AfriForum-buurtwaglede het meer as 80 man-ure gewerk om die brande te help blus.
Plaaslike ondernemings het ook hul kant gebring deur drinkwater vir die brandbestryders te skenk.

“Hierdie is weer eens ’n bewys dat ons slegs deur samewerking mekaar kan help en beskerm,” sê Joe Pelser, voorsitter van AfriForum se Witrivier-buurtwag.
“Wegholbrande is tans ’n groot probleem in die land en veral ook in Mpumalanga. AfriForum wil boere daarom maan om versigtig te wees en saam te werk as daar ’n brand in hul omgewing uitbreek,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

Sluit vandag nog aan en maak ’n verskil: SMS “Witrivier” na 45350.

Soortgelyke plasings